Suid Afrika is ‘n water gestremde land. Daar is baie redes soos die verandering van die klimaat wat ‘n impak het op die seisoene. Dit is om dat die ekonomiese aktieweteite soos die mynbedryf, die kommersiele landbou, die uitwissing van die natuurlike boome en plante onder anders het ook ‘n impak op die water bronne.
Toegang tot water moet deur die staat gerespekteer, bevorder en vervul word. Toegang tot die veilige en voldoende bron van vars water is ‘n fundamentele vereiste vir die oorlewing, welstand en sosio-ekonomiese ontwikkeling van die hele mensdom; nogtans gaan die regering voort om op te tree asof vars water ‘n ewige hulpbron is. “Wel, dit is nie,” se Joseph Waiza een van die frusteerde opkomende boere in Paballelo.
Die Oranje Rivier wat vanaf die Drakensberg onstaan vloei vanaf Lesotho deur Upington tot in Port Nollorth in die Atlantise osiaan. Maar die klein-skaal boere in Upington sukkel met water op die verskei meentgronde in en rondom Upington. Die Dawid Kruiper Plaaslike Regering gee nie om om in die behoeftes van die kleinskaalse boere te voorsien nie ondanks verskeie samesprekings met die amptenare van die munisipaliteit oor die krisis. Gedurende die sommer seisoene, dan slaan die velde aan die brand en dan is dit ‘n verlies vir die klein-skaal boere.
“Om 25 liter kanne aan tery na meentgronde is niks in vergelyking met die magteloosheid waner kraan se water klaar is nie. Net verlede week het daar vuur uitgebreek naby Rosedale kampe waar diere besig was om te wei. Magtelose boere moes laaste water in 25 liter kanne vat on vuur te blus. As elke boer vandag ‘n watertenk het, dan hoef ons nie oor die onmiddelikke toekoms bekommerd te wees nie. Ons kan nie meer uitstel nie. Ons kan nie toelaat dat meentgronde sonder watertenke is nie,” voeg Waiza by.
“Die grootste probleem is bruikbare water,” se jufrou Nellie Swartz enkel ouer van drie kinders. “Weens tekort aan water het my twee jarige dogtertjie parafien gedrink omdat asy dink dis water!”
Niemand verstaan water skaarste so goed soos boere nie. Boere moet dus alles in hul vermoë doen om genoeg water te bekom vir hul vee en gewasse. “Geen mens of dier kan sonder water bly of lewe nie. Die water krisis vernietig jou menswees,” se Mr. Pasiya. Hy voeg by, “somige boere sit skouer aan wiel en probeer elke dag dat daar uitkoms sal wees en ander verloor heeltemal moed!”
Aaron Ranayeke, wie die Inyanda National Land Movement ondersteun deur die Bewegingsbou Stroom van die Trust for Community Outreach and Education (TOCE), het toe namens die klein-skaal boere wat op die Hondejaag Meentgronde boere ‘n epos aan die Burgermeester en die Speaker van die Raad aangerig en ‘n beroep gemaak dat die boere en Inyanda die raad kom toespreek oor die water probleme op die meentgrond.
Na aanleiding van die geskrewe brief aan die Raad deur Ranayeke, is die voortslepende watertekort in die Dawid Kruiper-munisipaliteit steeds nie behoorlik opgelos nie.
“Ek skryf namens die kleinskaalse veeboere by Hondejaag meentgrond. Dit beteken beide die Paballeo en Rosedale-kant van die meentgrond. Ons is almal bewus van die waterkrisis en die veelvuldige redes wat die krisis veroorsaak. Die onlangse krisis word vererger de deur die beurtkrag. Die boere probeer die situasie hanteer maar dit is vir hulle baie moeilik.
Die boere versoek die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit om hulle by te staan met die verskaffing van water aan hul vee op die Hondejaag-meentgrond. Dit kan vir die munisipaliteit van groot hulp wees om ten minste drie keer per week watertenkwaens in te stuur. Dan sal die boere by elke kraal gereed wees met houers om water vir hul vee vol te maak. Ons hoop die pleidooi van die kleinskaalse boere bereik u gunstige oorwegings om te verhoed dat vee sterf as gevolg van water tekorte”
“Kom ons staan saam. Die enigste oplossing nou vir boere op meentgronde is watertenke. Ons moet onmiddelik begin om watertenke op it sit. Dit is die enigste antwoord. As ons wag vir die regering om damme te bou, gaan ons nog baie lank moet wag,” sluit Waiza af.
No comment