Mawubuye is ‘n organisasie wat fokus op die grond- en landbouhervorming vir selforganisering van die landelike armes in Suid Afrika. Vandag leef ons in ‘n vinnig veranderende Suid-Afrika wat ons deur stryd en opoffering van apartheid en onderdrukking ontslae is. Die stryd deur armoede, grondloosheid en gebrek aan basiese dienste moet nog geveg en gewen word. Oor die afgelope jare het ons die belangrikheid van selforganisering eenheid in aksie gesien. Hierdie taak was baie sigbaar en duidelik by die verskillende geleenthede waarby die organisasie met alle staatsdepartemente betrokke moes raak.
Sedert die begin van die onderhandelinge in die vroeë 1990’s en die aanvaarding van die Grondwet en Handves van Menseregte van Suid-Afrika, is die stemme van die landelike armes en grondloses ongehoord. In plaas daarvan het diegene wat status wil handhaaf, oor kritieke kwessies van grondhervorming en landelike transformasie onderhandel. Dit is nou die tyd om dit te verander om die argitekte van ons eie toekoms en die makers van ons eie geskiedenis te word.
Die organisasie se doel is om die kwessies van grondloosheid, ongelykheid, landelike armoede en die oneweredige grondeienaarskappatrone sigbaar te maak. Hulle pleit ook vir volhoubare ontwikkeling gebaseer op verskillende modelle van landbou en buitelandproduksie wat omgewingsgesond is en gerig is op huishoudelike en nasionale voedselveiligheid en soewereiniteit, asook om mense en die omgewing voor wins te stel en te organiseer rondom die slagspreuk “’ander platteland is moontlik”.
Mawubuye beoog om die volgende te onderneem om sy doelwitte te bereik:
- Om ‘n gemeenskaplike visie van ‘n alternatiewe grond- en landbouhervormingplan te ontwikkel waarin die nalatenskap van apartheid grondbesitpatrone en ongelykheid omgekeer word.
- Om die belange van landelike armes te ontwikkel.
- Om ’n kollektiewe stem vir lidmaatskap te bou.
- Om selforganisasie en selfaktiwiteit onder lede te bevorder.
- Om ‘n veldtog vir basiese dienste en die transformasie van landelike grondhervorming te ontwikkel.
- Om aktief gesonde en voldoende hulpbronne en ondersteuning vir kleinboer produksies te organiseer.
- Om die regte van die plattelandse jeug en vroue te beskerm wat hul deelname aan die ontwikkelingsproses binne en buite die organisasie betref.
Janice Fiellies, ‘n kleinboer asook ‘n lid van Mawubuye, wat in Mcgregor, ‘n klein dorpie so 21,5 km buite Robertson bly, sê dat die regering nie genoeg aandag gee aan kleinboere nie.’’Ons het aansoek gedoen vir ‘n stukkie grond by die plaaslike munisipaliteit vir aanplanting, maar het ‘n brief ontvang wat sê dat ons onsuksesvol is weens die gedeelte van die grond wat by wyse van openbare tender vir die gebruik van ‘n kwekery aan bande gelê word en dat ons moet tender wanneer die grond beskikbaar gestel word’’. Dit keer ons nie om nie terug te ploeg in ons verskeie gemeenskappe nie.
Sy en nog twee lede van die organisasie, Koos Plaaitjies en Adian Abrahams, het op die 21ste Oktober ‘n plaaslike creche in Mcgregor se tuin opgekikker deur die kleinspan touwys te maak deur hul die basiese kennis te leer oor hoe om te plant asook hoe om plante te versorg en tuin te maak. Die lede het ook bome aangeplant as een van die organisasie se insiatiewe en bewusmakingsveldtogte, deur moeder aarde te beskerm.