Om met lewende hawe te boer is absoluut uitdagend en aangenaam. Maar as ‘n kleinskaalse opkomende vroulike boer is dit moeilik om ‘n deurbraak te kry, want hierdie landboubesigheid word deur mans gedomineerd.

Maar dis vrouens soos Me Maria Langalebalele wat jou daardie ewige hoop gee om nie moed te verloor nie. Sy het 30 jaar gelede met een skaap in haar agter jaard begin met geen agtergrond of opleiding van boerdery nie. Vandag boer sy met varke, bokke en skaap.

Vrouens is geneig om gemeenskap georiënteerd te wees, “as jy ‘n man leer om te boer dan baat sy familie. Maar leer ‘n vrou om te boer en die gemeenskap sal baat,” verduidelik Me Maria.

“Met die hulp van die boerdery kon ek al my kinders laat veder studeer en na hul daglikse behoeftes omsien. Vrouens verminder landelike armoede hulle verstaan die stryd van armoede, werkloosheid en onder ontwikkeling,” sê ‘n trotse Me Maria.

Vrouens word dikwels minag in die landboubesigheid sê Me Maria. Vroue in die Noord-Kaap is die meeste geraak deur werkloosheid maar dit blyk dat die regering nie daarin geslaag het om vroue in die Noord-Kaap Upington effektief te bemagtig nie. In Paballelo is daar net 10% vroulike boere waarvan 8% ouer vrouens tussen 50-60 jaar is, die 2% van die vrouens is middeljarig. Een van die mees algemene geslagspesifieke struikelblokke is die gebrek en toegang tot grond. Om ‘n veeboer op ‘n voltydse basis te wees, is elke boer se droom om nader aan sy die vee te wil wees om beheer van elke aktiwiteit te neem. Vroulike boere word benadeel voordat hulle n land kan ploeg of saad kan saai, want kommunikasie is een van die mees probleematiese faktore in landboubesigheid.

“Na 30 jaar van herhaaldelike aansoeke vir grond, is my aansoek steeds onsuksesvol. Wanneer ek navrae doen oor my aansoek is daar gedurig mense voor my wat eerste voorkeur kry.
Ek het 30 beeste gehad op n stadium, maar moes dit verkoop omdat daar nie genoeg plek is om te wei nie. Weens die tekort aan water het ek 10 beeste in die proses veloor en moes noodgedwonge verkoop. Met die tekort aan water hier, het ek die munisipaliteit om hulp gevra met ‘n watertenk of ‘n stuk grond waar ek ook lusern kan plant aangesien ek ‘n opbetaalde huurkontrak het. My geroep na hulp het weereens op dowe ore geval. Ek bring water van die huis af in 25 liter-kanne, want die water is soms vir drie dae in ‘n ry af. Die vee vrek weens die droogte,” sê ’n gefrustreerde Me Maria.

“My vee word gesteel en die mans loop oor jou as vrou. Dikwels word my vee gesteel van my mede boere en daar is nerens hulp vir my nie. As ‘n opkomende vroulike boer in die Noord-kaap beteken dit om tien keer harder as enigeiemand te werk as ‘n boer erken te word,” verduidelik Me Maria.

Maar al is daar talle uitdagings, moedig Me Maria steeds vroue aan om veeboerdery te oorweeg. “Vrouens moet nie vergeet hulle rolas draers van die kosmandjie in Suid-Afrika te wees nie, die Imbokodo – die vrou wat die land bewerk,” verduidelik Me Maria. “Voedselsekerheid lê ons as vroue en moeders baie na aan die hart.” Dit maak sin dat meer vroue by hierdie sektor betrokke raak.

No comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *