Uitsettings vind meer en meer plaas al oor Suid-Afrika, veral op plase. Dit vind meestal op ‘n onwettige wyse plaas en is dus ‘n kriminele oortreding wat by die polisie aangemeld moet word. Die regering het egter geen stelsel in plek om onwettige uitsettings te voorkom of te dokumenteer nie.
Wat is ‘n onwettige uisettingsbevel?
‘n Onwettige uisettingsbevel is wanneer jy nie deur die hof in kennis gestel is van die uitsetting nie. In meestal gevalle van ‘n uitsettings proses word die korrekte prosedure ook nie gevolg waarby die grondeienaar jou mondelings forseer. Die grond eienaar sny ook in sulke gevalle die water en elektrisiteit af om sodoende dat okkupeerders die grond moet verlaat. Let ook wel dat onwettige uisettingsbevel ‘n kriminele oortreding is en dat jy gevolg kan raak vir dit.
Wat is die gevolg van ’n uitsettingsbevel?
Uitsettingsbevele lei dikwels dat families geskeer word van mekaar en op die strate beland en die die nodige hul kry van die munisipaliteit nie. In meestal gevalle is daar toename in werkloosheid, noodbehuising met swak gehalte met beperkte basiese dienste, okkupeerders word in oorvole informele nedersettings geplaas met ‘n groter risiko vir hulle persoonlike veiligheid.
Wat se die wet van uitsettingsbevele?
Die wet op die uitgebreiding van verblyfsekereheid (ESTA) is uitgevaardig om onwettige uitsettings op plase te voorkom. Beskermings onder ESTA sluit die volgende in:
- Geen Uitsetting kan sonder billike prosedure plaasvind nie;wat ‘n hofverhoor insluit.
- Alternatiewe verblyf moet beskikbaar gestel word vir inwoners wat uitgesit word.
- Pensioenarisse en medies ongeskikte persone wat langer as 10 jaar op ‘n plaas gewerk het,is langtermynbewoners en kan dus nie uitgesit word nie.
Wat moet jy doen as jy uitsetting in die gesig staar?
- As die boer jou met uisetting dreig moet nie die plaas verlaat nie
- Moet nie enige dokumente onderteken voordat jy advies ontvang het nie.
- As die balju ‘n uitsettingsaansoek aflewer moet nie die plaas verlaat nie; soek regs advies
- Dring aan op gratis regsadvies.
- Verskyn in die hof op die datum soos aangedui in die uitsettingsaansoek.
- Dring aan dat die munisipaliteit en dapartement van landelike ontwikkeling deel van die hofverrigtinge is.
- Dring aan op alternatiewe behuising.
Wat is die prosudere vir uitsettings.
- Die okkupeerder moet skriftelik in kennis gestel word.
- Daar moet aansoek by die hof gedoen word vir ‘n uitsettingsbevel.
- Die kennisgewing moet dan aan elke bewoner ouer as 18 jaar gegee word.
- Die kennisgewing moet ook aaan die munisipaliteit en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming bedien word.
- Die verhoor sal twee maande na ontvangs van die hofaansoek plaasvind.
- Jy moet die geleentheid gebied word om jou saak in die hof te stel.
- Jy het toegang tot gratis regshulp.
- Die munisipaliteit moet alternatiewe behuising verskaf voordat ‘n hofbevel toegestaan word.
Wat is die prosudere vir uitsettings.
- Die okkupeerder moet skriftelik in kennis gestel word.
- Daar moet aansoek by die hof gedoen word vir ‘n uitsettingsbevel.
- Die kennisgewing moet dan aan elke bewoner ouer as 18 jaar gegee word.
- Die kennisgewing moet ook aaan die munisipaliteit en die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming bedien word.
- Die verhoor sal twee maande na ontvangs van die hofaansoek plaasvind.
- Jy moet die geleentheid gebied word om jou saak in die hof te stel.
- Jy het toegang tot gratis regshulp.
- Die munisipaliteit moet alternatiewe behuising verskaf voordat ‘n hofbevel toegestaan word.
Wat moet jy doen in ‘n geval van onwettige uitsetting of as jy ‘n kennisgewing ontvang?
- Kry dadelik regshulp.
- Kontak die departement van landelike ontwikkeling.
- Gaan na jou naaste polisiekantoor vir hulp.
- Nader die media.
Indien jy met ‘n onwettige uitsetting in die Wes-Kaap te staan kom, besoek asseblief die Rural Legal Centre by 25 Le Roux Straat, Robertson.