In meeste gevalle word werkers sonder ‘n kontrak diens vergoed en werkgewers kom dus nie die wet na nie. Die werknemers word geensins die minimum loon betaal nie en ontvang ook nie ‘n betaal strokie nie.Die werkgewer betaal ook nie die werkloosheidversekereidsfonds (UIF) van werknemers nie en dus ‘n kriminele oorteding wat gevolge kan hê wat lei tot tronkstraf. Die mees gebruikte indiensneming is egter die wat aandui enige aktiwiteit waar iemand gehuur word om ‘n reeks spesifieke take uit te voer, waarvoor die werknemer finansiële vergoeding ontvang.

Wat is ‘n dienskontrak?

‘n Dienskontrak is ‘n ooreenkoms tussen jou en jou werkgewer wat sê dat jy instem om op sekere voorwaardes vir hulle te werk.Dit sê vir jou vir wie jy gaan werk,watter werk jy gaan doen,teen hoeveel betaling en jou posisie as werknemer.Die ondertekening van ‘n dienskontak bewys dat jy aangestel is om te werk en wat die bepalings/voorwaardes vir diens is.

Dit sal op onbillike arbeidspraktyk neerkom as werkers se diensvoorwaardes (byvoorbeeld werksure) ensydig verander word.Enige veranderinge moet deur konsultasie en in oorleg met werkers geskied.

‘n Dienskontrak moet die volgende inligting bevat:

  • Die werkgewer se naam en plaas se adres.
  • Die werknemer se naam,ID-nommer,beroep of werksbeskrywing,werkplek/ke.
  • Loon/skaal.
  • Ander kontrakbetalings (bv bonus).
  • Gewone werksure en werksdae.
  • Kos/-verblyfbetalings (moet volgens artikel 8 van die sektorale vastelling: 13 bereken word).
  • Ander betalings of voordele (betalings in goedere).
  • Betaaltydperk en betaaldatum.
  • Kennistydperk vir diensbeëindiging of datum van indiging.
  • Werkgewer se handtekening.
  • Werknemer se handtekening.

‘n Dienskontrak beskerm jou as daar ‘n geskil tussen jou en jou werkgewer onstaan.Dit help ook die Departement van arbeid om klagtes te ondersoek.Maak seker dat jy dit lees en verstaan voordat jy dit onderteken en hou ‘n afskrif van jou kontrak.

Betaalstrokies
Betaalstrokies bevat belangrike inligting wat jy as die werknemer om jou loon/salaris ,belasting en aftrekkings na te gaan.Winkels en staatsdepartemente het ook die inligting nodig op jou betaalstrokie byvoorbeeld as jy as werknemer ‘n nuwe rekening wil oopmaak.Jou betaalstrokie moet die volgende inligting bevat:

  • Die werkgewer se volle naam.
  • Adres
  • Werkgewer se registrasienommer vir die werkloosheidversekerheidsfondse (UIF)
  • Bydrae tot die werkloosheidversekerheidsfondse (UIF)
  • Die werknemer se volle naam.
  • Beroep of werksbeskrywing
  • Betaling vir tyd gewerk
  • Loon/skaal
  • Gewone ure gewerk
  • Oortydure gewerk
  • Ure gewerk op ‘n openbare vakansedag
  • Betaling vir enige ander werk wat jy gedoen het
  • Aftrekkings,insluitend jou bydrae tot die werkloosheidversekerheidsfondse (UIF)
  • Netto vergoeding na aftrekkings.

Aftrekkings

Aftrekkings is bedrea geld wat jou werkgewer van jou salaris/loon aftrek voordat jy dit ontvang.Daar is 2 redes waarom jou werkgewer geld van jou betaling kan aftrek naamlik:

  • As dit volgens die wet vereis of toegelaat word byvoorbeeld werkloosheidversekerheidsfonds,abitrasie,toekenning,skade of salarisbeslagleggingsbevel (aftrekkingsorders)
  • Indien jy daartoe instem

Verlof

Daar is verskeie soorte verlof naamlik:

Vakansieverlof

Indien jy minstens 4 maande per jaar by ‘n werkgewer werk is jy geregtig op 1 dag betaalde verlof vir elke 17 dae gewerk.Vakansieverlof wat ophoop moet aan die einde van die seisoen of waneer jou kontrak eindig,uitbetaal word (indien jy langer as 4 maande gewerk het).

Siekteverlof

Jy kan 1 dag betaalde siekteverlof neem vir elke 26 dae wat jy werk.Siekteverlof word nie aan die einde van die seisoen/waneer jou kontrak eindig,uitbetaal nie.

Kraamverlof

Ma’s neem gewoonlik 4 weke kraamverlof voor die kind se geboorte.Dit kan tussen 6 weke en 4 maande duur afhangende of jy geskik verklaar word om terug te keer werk toe.Gedurende hierdie tydperk kan jy ‘n aansoek en eis vir werkloosheidversekerheidsfonds (UIF)-voordele by die departement van arbeid indien.As jy terug gaan werk toe en jou baba is op die plaas mag jy 2 ruskanse van 30 minute elk kry om te borsvoed.As jou baba nie op die plaas is nie kan jy ‘n ruskans kry om borsmelk uit te pomp en dit vir jou baba te bêre.Terwyl jy swanger is en vir 6 maande daarna mag jou werkgewer jou nie vra om gevaarlike werk te doen wat jou of jou baba se gesondheid in gevaar kan stel nie.

Gesinsverantwoordelikheidsverlof
Dit geld waneer ‘n werknemer se kind se kind siek is en versorg moet word of indien een van die volgende persone sterf:die werknemer se eggenote of lewensmaat,ouer,aanneemouer,grootouer,kind,aangenome kind,kleinkind of broer/suster.In alle gevalle is dit die werker se plig om die werkgewer skriftelik in kennis te stel van sy/haar voorneme om ouerskap/aanneming/surrogaatverlof te neem.

Ouerskapverlof (Onbetaalde Verlof)

‘n Weker wat ‘n ouer is,is geregtig op tien opeenvolgende dae ouerskapverlof wat begin op die datum waarop:

-Die werker se kind gebore word of;

-‘n Aannemingsbevel deur die hof toegestaan word of;

-‘n Kind deur ‘n hof in die sorg van die voornemende aanneemouers geplaas word hagende ‘n aansoek.

Aannemingsverlof (Onbetaalde Verlof)

In die geval waar die werker ‘n kind wetlik aanneem en waar die kind jonger as 2 jaar is sal die werker geregtig wees op tien opeenvolgende weke aannemingsverofof tien opeenvolgende dae ouerskapverlof.Hierdie verlof begin op die datum waarop die aannemingsbevel toegestaan word of op die datum waarop die kind/ers in die voornemde aanneemouer se sorg geplaas word hagende ‘n aansoek.

Surrogaatskapverlof (Onbetaalde Verlof)

‘n Voornemende ouer in ‘n surrogaatmoederskap ooreenkoms sal geregtig wees op 10 opeenvolgende weke aannemingsverlof of 10 opeenvolgende dae ouerskapverlof.Hierdie verlof begin op die datum waarop die kind gebore word soos per die surrogaatmoederskap ooreenkoms.

Diensbeëindiging

Diensbeindiging beteken dat jy of jou werkgewer besluit het om jou diens te beëindig.Daar is ‘n kennistydperk wat jy moet werk nadat jy kennis gegee het/gekry het voordat jy die diens verlaat.As jy geregtig is op ‘n diensbeëindigingsloon word dit uitgewerk as een week se betaling vir elke volle jaar wat jy by daardie werkgewer gewerk het.As jy jou werk verloor het en bygedra het tot die werkloosheidversekeringsfonds (UIF) kan jy by die departement an arbeid aansoek doen om geld te ontvang terwyl jy werkloos is.

Om die Rural Legal Centre te kontak, besoek asseblief Le Rouxstraat 25, Robertson, Wes-Kaap.

Know your rights when it comes to Employment

In most cases, workers are compensated without a service contract and employers therefore do not comply with the law. The employees are in no way paid the minimum wage nor do they receive a pay slip. The employer also does not pay the Unemployment Insurance Fund (UIF) of employees and therefore a criminal offense which may have consequences leading to imprisonment. However, the most commonly used employment is that which indicates any activity where someone is hired to perform a series of specific tasks, for which the employee receives financial compensation.

Comments are disabled.