Vroue van verskillende areas in die Langeberg streek het Vrouedag gedenk deur bymekaar te kom en stem te lig haggend hul omstandighede as vroue.

In n klein dorpie genaamd Rawsonville het meer as honderd vroue, meestal plaaswerkers en plaasbewoners, bymekaar gekom om Vrouedag te gedenk en te praat oor die daaglikse omstandighede wat hulle deur maak. Die vroue het van verskillende streke genaamd Robertson, Ashton-Zolani, Worcester, Le Chasseur, Montague en Montague Koo en Rawsonville. Die organisasie Rural Women’s Assembly (RWA) het alles gereel om dit moontlik te maak om die vroue eendragtig bymekaar te kry vir die dag. “As vroue het ons werklik min om te vier. Ons kan nie gelukkig wees terwyl miljoene vroue en kinders honger gaan slaap nie. Vroue word steeds gemarginaliseer wanneer dit kom by toegang tot grond met water,” sê Denia Jansen van RWA.

Dit is vanjaar 10 jaar sedert die plaaswerkersopstand in die Wes-Kaap. Plaaswerkers, veral vroue, het bymekaargekom om te sê ‘genoeg is genoeg’. Die staking het eers in De Doorns begin, maar vinnig na ander dorpe versprei. Maar plaaswerkers verdien steeds net genoeg om van hand tot mond te oorleef en steeds sonder toegang tot grond.

Ma Olga, ‘n enkelma van vyf wat as ‘n gesondheidswerker in haar gemeenskap werk, het gesê: “Vryheid is net ‘n woord vir my. Dit het geen betekenis vir ons wat arm is nie. Na 25 jaar bly ek steeds in ‘n hokkie met my vyf kinders en ons het amper geen toegang tot water en sanitasie nie.”

In 2014 het RWA EEN VROU – EEN HEKTAAR veldtog bekendgestel om te verseker dat vroue toegang het tot minstens een hektaar grond met water om kos te kweek. “As vroue toegang tot grond het, sal dit moontlikhede skep vir gesinne om hul eie kos te kweek en by plaaslike markte en winkels te verkoop. Toegang tot grond vir voedsel kan ook vroue se onafhanklikheid help, veral vir vroue wat in beledigende verhoudings leef” het Denia vir die vroue verduidelik.

Die res van die dag is bestee aan beplanning en voorbereiding van hoe om die veldtog vorentoe te neem sodat die vroue elk toegang tot ‘n hektaar grond, met water, kon kry. “Ons moet na die munisipaliteite gaan en vra vir ‘n hektaar. As ons nie vra nie, sal ons nie kry nie!” sê Denia.

No comment

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *