Voor 2020 was daar ‘n toename in plaasuitsettings regoor die Wes-Kaap. Gedurende die Covid pandemie van 2020 het die regering ‘n moratorium op uitsettings aangekondig. Hierdie moratorium het nie verhoed dat wit kommersiële boere en munisipaliteite, inwoners en gemeenskapslede van informele nedersettings onregmatig uitgesit word.

Baie plaaswerkers word in informele nedersettings verplaas en gestort sonder enige sanitasie en water geriewe waar hulle huur van R500 of meer moet betaal om in die agterplase van ander te bly. Daar word tans 23 uitsettingsake by die Rural Legal Centre gehandteer met behulp van Socio-Economic Rights Institute of South Africa (SERI) en sommige van die sake is in die hof en ander is hangende. Die mense wat geraak word in hierdie uitsettings is plaaswerkers wat meer as 20 jaar op die plase gewerk het en veronderstel is om langtermyn okkipeerders te wees,wat beskerm word deur Extension of Security of Tenure Act (ESTA).

Die verhaal van Oom Boy Latha vertel die verhaal van oorwinnings,maar hierdie oorwinning kom nie sonder ‘n geveg gekom nie. Oom Boy het 44 jaar onder die Malherbe’s op die plaas Groot Rivier gewerk. Oom Boy was die bestuurder van die plaas en het altyd sy werk met passie aangevat. Oom Boy is ‘n nederige mens wat baie omgee en uitreik na sy mede mens. Antie Lena Oom Boy se vrou het as huishulp op die plaas gewerk. Hul kinders is op daardie plaas gebore en het hul eie geskiedenis van plaas werk op die plaas begin. Oom Boy vertel dat die tyd toe hy op die plaas gekom het in 1978 was dit ‘n melk plaas genaamd Soutpansdorings wat ‘n vee plaas gewees het en oor die jare en het gehelp om dit to verwikkel tot dit ‘n wingerd plaas was. Hy het ook groen pepers, tamaties, uie en kool geplant en het ‘n baie suksesvolle oes gegee. Party werkers op die plaas is selfs hartseer omdat hy hul verlaat want hy is ‘n mentor vir hulle en hul kan altyd op sy knoppie druk vir raad.

In Maart 2021 is Mnr Malherbe oorlede en sy vrou het albei plase verkoop wat hulle vir ‘n paar miljoen gekry het. Oom Boy en aunt Lena het hul afleggingspakket ontvang vir hul jare lange dienste. Die probleme begin toe die nuwe eienaars van die plaas nie Oom Boy se dienste wil hê nie en wil nie gehad het dat hy as werknemer moet bly nie omdat hulle die huis wil hê waarin Oom Boy bly en dit vir die nuwe bestuurder gee om in te woon. Op daardie tydperk het Oom Boy verskeie uitsettings bevele gekry van die nuwe eienaar om die huis leeg te maak waarin Oom Boy gewoon het. Verder was daar ‘n ooreenkoms tussen die Malherbes dat hulle geld opsy sou sit om vir oom Boy ‘n huis te koop wanneer hy aftree. Ongelukkig het dit gou duidelik geword dat hierdie ooreenkoms nie nagekom sou word nie en was onderhandelinge baie moeilik, aangesien die ooreenkoms nooit op skrif gestel is nie. “Ek het hulle 44 jaar van my lewe gegee, en vandag is ek niks vir hulle nie,” het Oom Boy gesê. Csaawu en die Rural Legal Centre met die hulp van SERI het baie hard baklei om seker te maak dat ‘n ooreenkoms bereik word wat al oom Boy se diensjare waardig is.

Aan die begin is oom Boy aangesê om ‘n huis te soek waarvan hy hou. Maar sy voorstelle is almal verwerp en hy is meegedeel dat die koste van die huise wat hy voorstel te hoog is. In plaas daarvan is hy ‘n skamele R200 000 aangebied, wat uiteindelik tot R400 000 verhoog is, om ‘n huis te koop. Oom Boy het albei hierdie aanbiedinge van die hand gewys op grond daarvan dat hy dieselfde standaard wou hê as die huis waarin hy die laaste 44 jaar gewoon het, wat nie ‘n onredelike eis is nie. Oom Boy wou ‘n huis hê wat ruim genoeg was om sy gesin met waardigheid te huisves en met genoeg spasie vir al sy meubels wat hy ná jare se harde werk vir hul gesin bekom het.’’Ek bly eerder op die plaas as langtermynokkipeerder om in ‘n klein huisie gestort te word waar ek nie dieselfde ruimte kan hê om my kleinkinders en ander familie te hê nie” verduidelik hy. Die onderhandelinge het die oom Boy en sy gesin gefrustreerd en uitgeput gelaat.

Uiteindelik is ‘n ooreenkoms bereik vir R725 000, wat dit vir oom Boy moontlik gemaak het om ‘n huis te koop wat by sy gesin se behoeftes pas en wat hy as sy nalatenskap aan sy kinders en kleinkinders kan oordra. Die koop van die huis is in proses en kontrakte is onderteken.

“Dit is ‘n oorwinning vir alle plaaswerkers wat uitsettings in die gesig staar, maar dit is ook bittersoet aangesien baie plaaswerkersgesinne nie so gelukkig soos Uncle Boy is om progressiewe organisasies soos CSAAWU, die Rural Legal Centre en SERI te hê wat hul regte beskerm nie” sê Denia Jansen van die Rural Legal Centre.

Uiteindelik, op 25 Augustus 2022 het oom Boy en die res van sy gesin in hul nuwe huis ingetrek.

Oom Boy lag vol blydskap terwyl sy huishoudelike goedere op die lorrie gelaai word, “na al die jare is dit nou tyd om die stof van my voete af te skud en my eie huis te besit!”

Die oorwinning is soet, maar die stryd sal voortduur!

Comments are disabled.