Die Ashton gemeenskap in die Wes-Kaap was onlangs in ‘n krisis oor die toekoms van die Langeberg en Ashton Foods ‘inmaak’ fabriek. Meer as 4 000 seisoenwerkers en sowat 250 permanente werkers het moontlike werkverliese in die gesig gestaar nadat Tiger Brands in Junie aangekondig het dat hy die fabriek gaan sluit. Die fabriek verskaf werk en is ‘n noodsaaklike bron van inkomste in ‘n gemeenskap wat deur baie hoë werkloosheid geteister word. Tiger Brands het die afgelope twee jaar probeer om ‘n koper te kry met genoeg geld om die fabriek te koop.
Die Wes-Kaapse Rural Women’s Assemblly, Mawubuye Land Rights Forum en CSAAWU ‘n dialoog met geaffekteerde fabriekswerkers en seisoenale plaaswerkers aangebied om te bespreek hoe die sluiting van die fabriek vroue sal raak. Seisoenwerkers is vir ongeveer ses maande van die jaar afhanklik van werk vanaf die fabriek. “Die vroue was hartseer om te hoor dat die fabriek permanent kan sluit omdat dit hulle die geleentheid gebied het om finansieel onafhanklik te wees,” verduidelik Sheriff Ramaobi van die Rural Women’s Assembly.
Daar was ook ‘n vrees dat geslagsgebaseerde geweld kan toeneem aangesien armoede een van die bydraers tot geslagsgebaseerde geweld is. Baie van die vroue het gevrees dat hulle nie ander werk sou kon kry nie, gegewe die hoë werkloosheidsyfer in die gebied. “Hierdie onsekerheid het baie emosies by die vroue na vore gebring, aangesien hulle vrees dat hul kinders gedwing kan word om skool te verlaat om hul ma’s te help onderhou om ’n inkomste vir die huishouding te verskaf.” voeg Ramaobi by.
Maar in Julie het Tiger Brands aangekondig dat die fabriek vir ten minste nog een seisoen oop sal bly. “Mense is bly dat die fabriek vir nog ‘n seisoen oop is, maar hulle is steeds baie bekommerd.” sê Denia Jansen van die Mawubuye Land Rights Forum.
Jansen het vakbonde en werkers aangemoedig om georganiseerd te bly en gesprekke oor die toekoms van die fabriek voort te sit, “Dinge kan drasties verander as hulle steeds besluit om die fabriek te sluit. Sy waarsku dat, “daar geen alternatief vir ander werk in die area is nie. Die veldtog moet deur vakbonde gelei word, want dit is hul lede en hulle is verantwoordelik om die reg van werkers te beskerm.”